Elgar is vol vertroue dat hulle beter sal vertoon in Australië

Die Proteas se toetskaptein, Dean Elgar, sê hy is vol vertroue dat die span die teleurstelling van hulle powere vertoning by die T20-wêreldbeker verwerk het. Suid-Afrika se rooibalspan keer terug na Australië vir ‘n reeks van drie toetse wat op die 17de van die maand begin. Elgar sê hulle fokus daarop om goed voor te berei en elkeen die beste geleentheid te gee om gereed te wees. Hy voeg by indien hulle die basiese dinge onder die knie het en prosesse volg, sal die res vanself regkom: