Elf wildmisdaadverdagtes in Namibië vas

Elf verdagtes is verlede week in verband met wildmisdaad in Namibië in hegtenis geneem en ses sake is geregistreer. Beslag is op twee elk olifanttande en ietermagô- en luislangvelle gelê, asook op een elk stuk olifanttand, wildebeeskarkas en jaggeweer. ‘n Namibiese man wat van renosterstropery aangekla is, Kanana Sebron Liyeekeni, het in die Outjo-landdroshof verskyn.