Elf Amerikaanse seesoldate in botsing met duikboot beseer

Die Amerikaanse vloot in die Stille Oseaan sê twee seesoldate het dié week matige en nege geringe beserings opgedoen tydens ‘n botsing tussen die duikboot USS Connecticut en ‘n onbekende voorwerp in internasionale water in die Indo-Pasifiese streek. Volgens die verklaring is die vaartuig veilig en bestendig ná die voorval, wat ondersoek sal word. Twee amptenare het aan nuusagentskappe gesê die duikboot het moontlik ‘n houer of skip wat gesink het getref, maar nie ‘n ander duikboot nie.