Elektrisiteitsbeheerraad keur 3,4% verhoging van Stad Windhoek goed

Die Elektrisiteitsbeheerraad het die tarief-aansoek deur die munisipale raad van Stad Windhoek goedgekeur om ‘n gemiddelde verhoging van die elektrisiteitstariewe van 3,4 persent vir die boekjaar 2021-2022 te implementeer. Dit volg op ‘n verhoging van 2,92 massa-elektrisiteitstariewe deur grootmaat-kragverskaffer, NamPower, in Julie 2021.