Elektrisiën van Stad Windhoek SA toe gevlieg weens brandwonde

‘n Werknemer van Stad Windhoek is vandag na Suid-Afrika gevlieg vir mediese noodbehandeling nadat hy ernstige brandwonde opgedoen het terwyl hy aan diens was. Stad Windhoek het bevestig dat twee werknemers van die elektrisiteits-departement by die Haloid-ladingsentrum in Otjomuise gewerk het toe ‘n elektriese ontploffing plaasgevind het. Die erg beseerde pasiënt in Mediclinic Windhoek is na Suid-Afrika gevlieg en die ander een is in die Rooms Katolieke Hospitaal opgeneem. Die presiese oorsaak van die ontploffing is nog nie vasgestel nie. Stad Windhoek se woordvoerder Harold Akwenye het die voorval aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig.