Ekonoom sê slegs samewerking sal ekonomie kan herstel

Namibië is in ‘n weerlose ekonomiese posisie as ‘n ontwikkelende land om die impak van die Covid-pandemie te weerstaan. Enige impakte kan langtermyn gevolge op die reeds brose ekonomie hê. As ‘n ekonoom weet dr. John Steytler die ekonomie sal nie met slegs ‘n towerstaf reggetoor kan word nie. Hy sê nou meer as ooit moet mense en organisasies saamwerk. Steytler gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor sy artikel met die titel “Don’t Kick the Cat”.