Ekonoom sê oor kredietgesondheid in Namibië

‘n Plaaslike ekonoom gee sy mening oor Suid-Afrikaanse verbruikers se kredietgesondheid wat gestabiliseer het. Volgens die verbruikerskredietagentskap TransUnion wys die tweede kwartaal van 2021 se Suid-Afrikaanse Bedryfs-insigverslag op verskeie voortgesette tendense sedert die uitbreking van die Covid-19-pandemie, met uitsonderings in laat terugbetalings. Uitstaande balanse op huislenings het met 15.3 persent toegeneem, terwyl 10.6 persent van uitstaande balanse op kredietkaarte verbruikers se huishoudelike begrotings ingesluit het, asook om likiditeit te verseker en vir noodsaaklike aankope. Hoewel daar minder verbruikers in die kredietmark is, het die bedrag wat geleen word, steeds gestyg. Namibiese ekonoom, Robert McGregor, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.