Ekonoom gesels oor die 3rde kwartaal se BBP syfers

Die Namibiese Statistieke Agentskap het die BBP syfers vir die derde kwartaal vandag bekend gemaak. Mynwese, landbou, eiendom, hotelle en restaurante en ander dienste het baie goed presteer met mynwese wat byvoorbeeld amper 42 persent tot die ekonomie bygedra het en die gasvryheidsbedryf, amper 20 persent. Volgens dr. Omu Kakujaha-Matundu verduidelik die redes vir die beter vertoning, al is dit nie uitermatige groei nie.

Maar ander sektore het swak gevaar, veral konstruksie en finansiële dienste. Kakujaha-Matundu sê dit was te verwagte.