Ekonomiese inkrimping dryf olie afwaarts

Oliepryse handel vanoggend sywaarts en staan op die oomblik rondom 109 Amerikaanse dollar ‘n vat. Kenners sê die mark het vrese vir ‘n verlangsaming in vraag met die daling in die Amerikaanse ekonomie. Europese lande se vervaardigingsdata het ook laer as wat verwag is ingekom. Opul en sy vennote, wat Rusland insluit, sal waarskynlik hou by ‘n plan vir versnelde uitsetverhogings in Augustus in die hoop om ru-pryse en inflasie te verlig. Die groep het tydens sy laaste vergadering op 2 Junie ooreengekom om produksie met 648 000 vate per dag in Julie te verhoog, of 7 persent van die wêreldvraag, en met dieselfde hoeveelheid in Augustus, teenoor die aanvanklike plan om 432 000 vate per dag by te voeg. Maar, daar is uitdagings met produksie. Onlangs is daar berig dat beide Nigerië en Angola ook nie produksie teikens haal nie. Intussen het die rand effe versterk met die verswakking van die Amerikaanse geldeenheid, maar, dit beteken nie dat daar geen brandstofprys-verhoging aan die einde van die maand sal wees nie. Ekonome voorspel wel ‘n geringe verhoging.