Ekonomiese impak van inperking steeds met ons

Namibië het op 28 Maart 2020 in volle inperking ingegaan maar, vandag is dit presies twee jaar sedert die buurland se president, Cyril Ramaphosa, die implementering van die streng inperking in 2020 afgekondig het. Destyds was daar baie vrese rondom Covid wat nou reeds, veral in ons streek, gekwyn het. Die pandemie en die inperking het die ekonomie ernstig benadeel met die amptelike werkloosheidskoers in Suid-Afrika tans op 35 persent met 36 persent wat plaaslik aangeteken is. ‘n Woordvoerder van die Vryemarkstigting in Suid-Afrika, Martin van Staden, sê sakeondernemings moes nuwe maniere vind om te herstel: