Ekonomie: vergeet van terme en kyk net buite wat aangaan

Werkloosheid in die VSA het 25 persent bereik tydens die Groot Depressie. In Suid-Afrika is die jongste werkloosheidsyfer ook bekend en staan op die oomblik op 34,4 persent terwyl Namibië meer as 36 persent werkloosheid aangeteken het. Sommige ekonome beskryf dit as ‘n kliniese depressie. In Namibië krimp die ekonomie reeds vir vyf jaar. Die Unam-ekonoom dr. Omu Kakujaha Matundu sê ons behoort al die tegniese terme los en eenvoudig kyk wat op die grond aangaan.