Ek sal nie die oorlog verder vat nie. Punt.

Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê sy land het meer as tien jaar gelede geslaag met dit wat hy in Afghanistan beoog het. Biden word erg gekritiseer oor sy hantering van die proses waartydens meer as 120 000 mense suksesvol per vliegtuig vanaf die Kaboel-lughawe ontruim is. Biden sê Amerika het die nodige vermoë om seker te maak die Taliban hou by sy belofte vir die veilige vertrek van Amerikaners uit die land. Hy sê hy sal nie die oorlog in Afghanistan vir ewig laat voortduur nie: