Eise van $9,7 miljard teen Oos-Kaapse polisie

Die polisie in die Oos-Kaap staar ‘n verbysterende 7,9 miljard rand se eise teen hulle, in sake van beweerde oortredings in die provinsie, in die gesig. ‘n DA-wetgewerlid, Bobby Stevenson, sê dit dui op ‘n polisiediens wat aan niemand behalwe homself verantwoording doen nie. Hy sê die probleem word vererger deur die feit dat slegs een van die vyf kantore van die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat, naamlik die een in Oos-Londen, oop en in bedryf is.