Eise dat Jagersfontein sy bedrywighede staak het op dowe ore geval

ActionSA in die Vrystaat sê sy versoek dat die Jagersfontein Development Mine sy bedrywighede staak tot dit veilig is om voort te gaan, het op dowe ore geval. Die party het verlede maand aan President Cyril Ramaposa en die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Mxolisi Dukwana, geskryf. ActionSA se woordvoerder, Patricia Kopane, sê dis duidelik die regering en privaat myne stel wins bo werkers se lewens: