Eiendom: Dis steeds ‘n kopersmark

‘n Lid van die Namibiese Eiendoms-agenteraad het gesê die Namibiese huismark is tans steeds ‘n kopersmark weens verskeie redes. Einde Maart vanjaar was die gemiddelde prys van ‘n huis in Namibië 1,2 miljoen Namibiese dollar– sowat 100 000 dollar meer as in dieselfde tyd verlede jaar. Ann Thandeka-Gebhardt, eienaar van National Estates, sê huiseienaars wat nie die prys kry wat hulle vir hul huise versoek nie, het dikwels geen ander keuse as om dit teen die prys wat hulle kry, te verkoop nie.