EHRA klim Brandberg uit om geld vir olifante in te samel

Die span van die olifantbewaringsorganisasie, Elephants Human Relations Aid, het Brandberg uitgeklim om fondse vir Namibië se sogenaamde woestynolifante in te samel. Volgens Rachel Harris van EHRA, was dit ‘n groot uitdaging. Hul grootste inkomste het voor die Covid-pandemie van vrywillige werker-toeriste gekom en ander maniere moes gevind word om fondse in te samel. Harris gesels met Kosmos 94.1 Nuus.