EFF sê regering is besig om Eskom te vernietig

Die EFF het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om aan te sluit by sy nasionale verset-optrede om President Cyril Ramaphosa uit die kussings te lig. Die EFF sê hy sal alle politieke partye in die parlement, insluitend die ANC, nader om betrokke te raak by ‘n mosie van wantroue teen Ramaphosa. Die party se leier, Julius Malema, sê die regering is besig om Eskom te vernietig. Hy voeg by die regering het die krag-krisis tot stand gebring om die kragvoorsiener te kan privatiseer.