EFF sê Erfenisdag is geen erfenis sonder grond nie

Die EFF sê Erfenisdag in Suid-Afrika laat inwoners onthou daar is geen erfenis sonder grond nie. Die party sê die belangrikheid van erfenis lê in die aangryp en viering van kultuur en waardevolle tradisies, maar sonder grondbesit is dit ‘n betekenislose viering. Die party beklemtoon die oproep om gesteelde grond terug te gee deur die wysiging van artikel 25 van die Grondwet. Die EFF sê Suid-Afrikaners moet vandag die hartseer en onregverdige feit in die oë staar en weet hulle is net bediendes en huurders in hul eie land.