EFF: Ramaphosa sal aanspreeklik gehou word vir Phala Phala

Die EFF sê President Cyril Ramaphosa sal aanspreeklik gehou word vir die voorval by die plaas Phala Phala in Limpopo en die skending van die Suid-Afrikaanse Grondwet. Volgens die party sal vertragingstaktiek nie verhoed dat hy verantwoording doen vir sy boewery en uiteindelik uit sy pos verwyder word nie. ʼn EFF-lid van die parlement, Phiwaba Madokwe, sê opposisiepartye kom Woensdag byeen om op ʼn eenstemmige benadering ooreen te kom vir die totstandkoming van ʼn artikel 89-komitee.