EFF mor oor gebrek aan dienslewering

Die EFF in Gauteng het die provinsiale regering gekritiseer omdat hy versuim het om aan die diensbehoeftes van die Sebokeng Sone 17-gemeenskap in die Emfuleni plaaslike munisipaliteit te voldoen. Gefrustreerde inwoners het die langverwagte opening van ‘n moderne kliniek probeer keer. Die EFF-lid, Isaac Khithika, sê die gemeenskap is baie kwaad oor die gebrek aan dienslewering, en die feit dat hulle vir meer as agt dae nie water het nie.