EFF bestorm Tshwane se burgemeesterskantoor

Die Stad Tshwane het bevestig die EFF in Gauteng het die burgemeesterskantoor in Tshwane bestorm en personeel uitgedwing as gevolg van die bedanking van Randall Williams as burgemeester. Die party beweer daar is geen regering in Pretoria nie. Die burgemeester het ʼn bedankingsbrief ingedien wat vanaf middernag Maandag van krag sou wees. Die woordvoerder van die stad, Sipho Stuurman, sê na samesprekings met die onderskeie politieke partye het Williams aan die speaker en hoofsweep geskryf en sy bedanking gewysig sodat dit vanaf middernag 28 Februarie van krag sou wees: