Eerste palliatiewe sorgsentrum vir Namibiese kankerpasiënte

Die Kankervereniging van Namibië het die sleutels van Jan Jonkerweg 3 in Klein Windhoek ontvang, waar die eerste spesialis palliatiewe sorgsentrum vir kankerpasiënte in Namibië gevestig sal word. Die eerste fase van die projek, teen ‘n begrote 7,5 miljoen Namibiese om die bestaande eiendom aan te skaf, te herbou en uit te brei, is die enkele grootste belegging deur die welsyns-organisasie om kanker in Namibië te beveg. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Rolf Hansen…