Eerste minister van Lesotho besoek Pres. Hage Geingob

Die eerste minister van die Koninkryk van Lesotho, Samuel Matekane, het vandag ‘n staatsbesoek aan President Hage Geingob by Staatshuis gebring. Matekane is op 28 Oktober 2022 as Lesotho se eerste minister ingesweer. Matekane sê Lesotho identifiseer tans gebiede van bilaterale samewerking tussen die twee lande en sê Namibië is sy jonger broer. Matekane het Geingob bedank vir sy onwrikbare ondersteuning as voorsitter van die SAOG-orgaan oor politiek, verdediging en veiligheid tydens die land se hervormingsproses wat belangrike politieke verandering teweeggebring het wat nodig is om stabiliteit in die land te bring.