Eerste minister sê weens kwesbaarheid is inentings nodig

Die Namibiese gesondheidsministerie het vandag die Nasionale Geïntegreerde Inentingsveldtog in die hoofstad van stapel gestuur wat tot 19 Augustus sal duur. Die veldtog is deur eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila bekend gestel. Sy het gesê die onlangse masels-uitbreking in Omusati-streek in April het Namibië se kwesbaarheid vir die entstof-voorkombare siektes bewys, dieselfde met die wilde polio-virus in Malawi en Mosambiek.