Eerste klagte oor Whk-kragtarief ingedien

Die Katutura-inwonerskomitee het aan die Elektrisiteitsbeheerraad geskryf om beswaar te maak teen die Stad Windhoek se voorstel vir ‘n 10,4 persent elektrisiteitstariefverhoging. Die stad het die week die aansoek by die raad ingedien en blameer NamPower se verhoging van 8 persent sowel as voorsienings- en salarisonkostes. Die komitee voer aan dat die huidige tarief reeds moeilik is vir die gemiddelde inwoners. Die voorstel neem nie die omstandighede van die inwoners en die ekonomiese situasie in ag nie.