Eerste foto’s van Club Q-bloedbad bekend

Die Amerikaanse polisie het foto’s vrygestel van die man wat beskuldig word van verlede week se bloedbad in ‘n gay nagklub in Colorado Springs. Vyf mense is dood en minstens 25 gewond in die aanval by Club Q. Die foto’s van Anderson Lee Aldrich toon sigbare beserings aan sy gesig en nek en is gepubliseer na sy eerste hofverskyning via videoskakel. Ander klubgangers het hom aangeval, insluitende die militêre veteraan, Richard Fierro, wat Aldrich se handwapen afgeneem en hom daarmee geslaan het. Die polisie moes Aldrich vir behandeling hospitaal toe neem voor hy aangekla is.