Eerste besending graan vandag uit by Odesa

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het die amptelike begin van die operasie in die Turkse stad Istanboel verwelkom om die VN-bemiddelde ooreenkoms in te stel sodat Oekraïnse graan weer via die Swartsee uitgevoer kan word. Die eerste besending verlaat vandag Odesa. Guterres sê dit is belangrik dat alle partye saamwerk om die Swartsee-graaninisiatief van stapel te stuur om voedselonsekerheid in die wêreld te bekamp. Hy het vantevore gewaarsku oor hongersnood en ‘n beroep gedoen dat die wêreldmark vir voedsel nie by sanksies bygevoeg moet word nie.