Eerste aap-pokke in SA aangemeld

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, het pas bevestig dat die eerste geval van aap-pokke in Suid-Afrika aangemeld is. Die pasiënt is ‘n 30-jarige man van Johannesburg wat geen reisgeskiedenis het nie, wat beteken dat dit nie daaraan toegeskryf kan word dat hy dit buite Suid-Afrika opgedoen het nie. Kontakopsporing het reeds begin. Die siekte is nie gevaarlik nie en het ‘n sterftesyfer van 1 persent. Die huidige uitbreking word oorheers deur hoë getalle in Europa. Gevalle is ook in die VSA en Kanada aangemeld. Phaahla sê dat die hoofkenmerk van die siekte is oordrag deur menslike afval.