Eerste aanspraakmakers op Konserwatiewe leierskap bekend

Die eerste kandidate het na vore getree in die stryd om Boris Johnson as die leier van Brittanje se regerende Konserwatiewe Party en uiteindelik as die land se eerste minister te vervang. Internasionale media berig meer hoopvolle kandidate sal na verwagting hierdie naweek aankondigings doen. Die voormalige minister van finansies, Rishi Sunak, het sy aanspraak op sosiale media bekendgemaak. Hy het onderneem om vertroue te herstel, die ekonomie te herbou en om die land te herenig. Sunak het Dinsdagaand bedank en dit het gelei tot ‘n vloedgolf bedankings uit die regering. Sy aanspraak is na die aankondiging deur ‘n groot aantal Konserwatiewe LP’s onderskryf.