Een uit agt kry ‘lang Covid’

Een uit elke agt pasiënte wat Covid-19 gehad het, sukkel waarskynlik met lang-Covid. So sê dr. Farheed Abdullah, direkteur van navorsing oor MIV en Vigs verbonde aan die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad en kenner van openbare gesondheid, ná ’n studie wat onlangs in die mediese vaktydskrif The Lancet gepubliseer is. Die studie is gedoen in Wuhan, China, waar die koronavirus wat Covid-19 veroorsaak die eerste keer waargeneem is, en toon pasiënte wat vir Covid-19 gehospitaliseer is, het ses maande ná die tyd nog tekens van moegheid of spierswakheid, slaaploosheid, of angs en depressie gehad het.