Een sterf in verwoestende Kanadese storm

Minstens een persoon is dood nadat ‘n storm in Vancouver in Kanada verwoesting gesaai het. Die vrou se liggaam is naby Lillooet gevind. Kanada se grootste hawe is deur vloedwater afgesny en treinroetes is verwoes. Die TransMountain-pyplyn, wat 300 000 vate olie per dag dra, is ook gesluit. Die vervoerminister, Rob Fleming, sê geotegniese ingenieurs bestudeer die impak van die vloede en modderstortings, en verseker dat toestande veilig is om met opruimingswerk te begin. Die Kanadese eerste minister, Justin Trudeau, sê hy hou die situasie dop.