Een spuit, een hoender…

Ons het al gehoor van loterykaartjies en dagga-sigarette in ruil vir ‘n Covid-inenting maar in landelike Indonesië bied owerhede nou ‘n lewendige hoender aan vir alle landsburgers bo 45 wat hulle laat ent. Dit vorm deel van ‘n groter veldtog om ouer Indonesiërs te kry om die entstof te neem. Die land net meer as 13 600 gevalle in die afgelope 24 uur bevestig en staan tans op net meer as 2 miljoen gevalle met amper 55 700 sterftes.  


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *