Een in SA sterf van J&J-entstof

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het aangekondig een persoon het gesterf na die toediening van die Johnson en Johnson-entstof. Volgens Sahpra se uitvoerende hoof, Boitumelo Semete-Makokotlela, het slegs een pasiënt gesterf aan die Guillain-Barré-sindroom uit die nege-miljoen mense wat die Janssen-entstof ontvang het. Semete-Makokotlela sê die identiteit, ouderdom en provinsie waar die pasiënt gewoon het kan om vertroulikheidsredes nie bekend gemaak word nie: