Een Covid-sterfte op Swakopmund aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-sterfte in Swakopmund aangemeld, asook 58 nuwe Covid-gevalle uit 1 490 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 3,9 persent verteenwoordig. In die groep is 17 leerders van verskillende skole, vyf gesondheidswerkers en twee onderwysers. Daar is nou 1 109 aktiewe gevalle, waarvan 71 in hospitale is en 11 in intensiewesorgeenhede. Altesaam 202 857 mense is nou ten volle ingeënt.