Een Covid-sterfte op Okahao aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het die afgelope week een Covid-sterftes van ‘n 36-jarige vrou op Okahao aangemeld, asook 38 nuwe Covid-gevalle uit 1 382 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 3,7 persent verteenwoordig. In die groep is 10 leerders, een elk student en gesondheidswerker. Daar is nou slegs 97 aktiewe gevalle, waarvan agt pasiënte in hospitale in vyf streke is. Altesaam 26,5 persent van die teikenbevolking van 60 persent is ten volle ingeënt.