Een Covid-sterfte dié week op Eenhana aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het die afgelope week een Covid-sterftes van ‘n 36-jarige vrou op Eenhana aangemeld, asook 65 nuwe Covid-gevalle uit 1 622 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 4 persent verteenwoordig. In die groep is 14 leerders, drie studente en twee onderwysers . Daar is nou slegs 131 aktiewe gevalle, waarvan sewe pasiënte in hospitale in vyf streke is. Altesaam 26,4 persent van die teikenbevolking van 60 persent is ten volle ingeënt.