Eddie sê hy vat die Wallabies tot by nr. 1 in Frankryk

Die nuwe afrigter van die Wallabies, Eddie Jones, sê hy is vasbeslote om vanjaar die Rugby Wêreldbeker in Frankryk te wen. Dis Jones se tweede sarsie as afrigter nadat hy sy kontrak van vyf jaar begin het. Australië het tot die sesde plek op Wêreldrugby se ranglys teruggesak na ʼn teleurstellende 2022. Maar, ten spyte daarvan, glo Jones die Wallabies sal aanspraakmakers wees by die Wêreldbeker in September: