ECB oorweeg nog reuse-tariefverhogings aansoeke
Die Elektrisiteitsbeheerraad sê hy hersien nog aansoeke vir tariefverhogings van verskeie plaaslike owerhede, veral vir die wat aansoeke laat ingedien het. Die raad sê hy het Windhoek se aansoek vir ‘n 14 persent verhoging, Kalkrand, wat 25 persent vra, Keetmanshoop op 8 persent, Mariental op 9,9, Osire se 12,3 en Oshakati se 10 persent ontvang. Terwyl daar onderneem is om verlede week aankondigings te maak, sal dit na verwagting eers aan die einde van die week gedoen word soos woordvoerder Ferdinand Molale verduidelik.
Maar, daar is 37 ander lisensiehouers wat nog aansoeke moet doen. Indien dit nie teen die einde van die maand ontvang word nie, sal die raad self moet besluit oor verhogings.