Eagles wen laaste reekswedstryd teen VSA

Die Richelieu Eages het hulle laaste eendagwedstryd teen die VSA met 6 paaltjies, met nog 32 balle oor, gewen. Die span het 212 vir vier aangeteken. Die Eagles het in ‘n driehoekige reeks teen die VSA en Papua Nieu-Guinee gespeel en ses uit agt punte aangeteken. Die volgende reeks skop op 1 Desember af teen Nepal en Skotland.