Eagles wen eerste opwarmingswedstryd

Die nasionale senior krieketspan die Eagles het hulle eerste opwarmingswesdstryd teen die Verenigde Arabiese Emirate in Dubai met 17 lopies gewen. Die speler van die wedstryd is Jan Frylinck wat ses paaltjies vir 24 lopies gevat het. Die span kom op 9 Oktober teen Skotland te staan in sy volgende opwarmingswedstryd, en op 10 Oktober teen Papoea Nieu-Guinee. Die toernooi begin op 18, 20 en 22 Oktober en die span speel teen Sri Lanka, dan Ierland en dan Nederland.