Dwelmvrou van Botswana vandag in Bangladesj tereggestel

Lesedi Molapisi, ‘n 30-jarige burger van Botswana, word vandag tereggestel nadat sy in Januarie vanjaar met heroïne op ‘n Bangladesjiese lughawe in hegtenis geneem is. Sy is op die land se grootste lughawe, Hazrat Shahjalal- internasionale lughawe, in hegtenis geneem met drie kilogram heroïne in haar besit. Sy was op ‘n vlug van Qatar-lugredery onderweg van Suid-Afrika, met ‘n stop in Doha. Sy is op die lughawe in Bangladesj vasgetrek nadat die vliegtuig geland het.