Dwelms van halfmiljoen Namibiese dollar in Potchefstroom gevind

Die Valke in Noordwes is op soek na ‘n verdagte nadat hulle ‘n klopjag uitgevoer en dwelms ter waarde van meer as ‘n halfmiljoen Nambiese dollar in ‘n huis in Sol Plaatjiestraat, Potchefstroom, ontdek het. Die Valke se woordvoerder, Tlangelani Rikhotso, sê ‘n multidissiplinêre span het toegeslaan en die huis deursoek.