‘Dwelmmuil’ verskyn weer op 3 Oktober, vir borg

Pauline Mbangula, 30, het in die laerhof in Kemptonpark verskyn nadat sy Sondag op OR Tambo gevang is met 68 pakkies kokaïen in haar maag. Sy het geen regsverteenwoordiging gehad nie en het volgens berigte gevra dat daar nie foto’s van haar geneem word nie. Sy word van dwelmhandel aangekla maar, ander klagtes kan bygevoeg word. Die dwelms is volgens die buurland se media 800 000 Namibiese dollar werd. Haar aansoek om borg is geweier en sy bly in aanhouding. Sy sal formeel op 3 Oktober aansoek om borg doen. Sy word in die Sun City-gevangenis aangehou.