Dwelmmisbruik deur plaaswerkers duur voort

Die gebruik van dwelms deur plaaswerkers op plase bly steeds ’n uitdaging en dit lyk nie of dit beter word nie. Danie van Vuuren van die Namibiese Landbouwerkgewers-vereniging het verskeie inisiatiewe probeer om van die gebruik van dwelms onder plaaswerkers op plase ontslae te raak, maar niks het blykbaar verander nie. Van Vuuren sê hy ontvang steeds oproepe van boere oor hul plaaswerkers wat dagga gebruik. Hy sê die meeste boere maak altyd die besluit om die werker te ontslaan. Van Vuuren verduidelik die proses in detail van maniere hoe om ‘n dwelm-situasie met ‘n werknemer op die plaas te hanteer …