Durban se informele handelaars kry groot bystand

Informele handel dryf meer as 30 persent van die Namibiese ekonomie en verskaf baie werk regoor die land. In Suid-Afrika is die bedryf net so belangrik. Durban se informele handelaars het die stad se leierskap geprys vir die sterk stappe wat in reaksie op uitdagings in dié sektor geneem word. Dit kom ná suksesvolle gesprekke tussen eThekwini se burgemeester, Mxolisi Kaunda, en handelaars tydens ‘n indaba. Kaunda sê stappe waarop ooreengekom is, sluit in die uitbreiding en verbetering van bestaande handelinfrastruktuur en ‘n 18-maande vrywaring van huur vir informele handelaars wat deur Covid-19 geraak is: