Durban-munisipaliteit staan besighede by

Die stad eThekwini in Suid-Afrika is besig om hoop te herstel met ‘n projek wat uiteindelik meer as 21 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan ongeveer 700 sakeondernemings gaan oorhandig. Die eerste 100 ondernemings het pas 30 000 rand elk by die raadskantore by die Durban stadsaal ontvang. Die ekonomiese herstelfonds is op die been gebring om verligting te verskaf aan ondernemings wat deur die Covid-19-pandemie geraak is. Burgemeester Mxolisi Kaunda sê ‘n geraamde 6 000 maatskappye moes hul deure sluit en 300 000 werksgeleenthede het verlore gegaan: