Duitsland verwyder Namibië as Covid-hoërisikoland

Goeie nuus vir die Namibiese toerismesektor is dat Duitsland se Robert Koch Instituut Namibië van die lys van Covid-hoërisikolande verwyder het. Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzold, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die toerismebedryf is verheug hieroor en tans vind ‘n groot toerismeveldtog in Duitsland plaas om toeriste na Namibië te lok.

Paetzold het ook terugvoering gegee oor die toerismesektor se vergadering vandag met die toerismeminister, Pohamba Shifeta oor die herlewingsinisiatief. Die Namibië Toerismeraad het ook vandag ‘n plaaslike toerismeveldtog van stapel gestuur.