Duitsland stuur missiele na Oekraïne

Die Duitse regering gaan ‘n duisend tenkafweer- en 500 lugafweermissiele aan Oekraïne verskaf om sy verdedigingsmagte te versterk. Hy sê dié belangrike verskuiwing in beleid oor die oorlog is gemaak weens die onuitgelokte aanslag deur Russiese magte. Duitsland gaan Nederland ook toelaat om honderde Duits-vervaardigde tenkafweerwapens na Oekraïne te verskeep. Die kanselier Olaf Scholz sê in ‘n verklaring dit is Duitsland se plig om Oekraïne te steun in sy verdediging teen die Russiese President Vladimir Putin se invalsmagte. Die Oekraïnse President Volodymyr Zelensky het Duitsland se besluit verwelkom.