Duitsland – duisende steeds vermis, hoop van nog oorlewendes verby

Reddingswerkers sê die kanse is skraal om nog oorlewendes in die puin na vloede in die weste van Duitsland te vind. Ten minste 170 mense is dood na verlede week se vloede, die ergste in meer as 50 jaar, maar duisende is steeds vermis. Die regering het 200 miljoen euro in noodbystand aangekondig en die land se 16 federale state het gesamentlik ook 200 miljoen euro bewillig.