Duitsers het 289 miljoen euro aangebied

Die adjunk goewerneur van die Bank van Namibië Edson Uanguta sê die Duitse regering het aanvanklik 298 miljoen euro as kompensasie vir die 1904 tot 1908 volksmoord aangebied. Uanguta, wat deel was van die amptelike span wat onderhandelings met die Duitse regering gevoer het, sê dat hulle in 2016 berekeninge gedoen het oor die verlies van lewens, grond en ander bates en het op 1,1 triljoen Namibiese doller, oftewel 70 miljard euro uitgekom. Dit is aan die Duitse regering voorgelê en nege maande later het hulle ‘n aanbod van 289 miljoen euro gemaak. Onderhandelings het voortgeduur en toe daar oor die aankoop van grond ooreengestem is, is die bedrag van 1,1 miljard euro aangebied en deur Namibiese owerhede aanvaar.